top of page

Dokter, Dokter

  • Writer: Ronel Bakker
    Ronel Bakker
  • Aug 4, 2017
  • 2 min read

Dit is letterlik 'n geval van uit met die oue, in met die nuwe. Hendrik Daniel Botha met sy rooi krulle en pragtige glimlag het gekies om sy eerste praktyk in Porterville te vestig. Ek het gebrand om te weet hoekom...

Agter Hendrik hang n plakkaat teen die muur wat beslis lank na 1994 gemaak is. Woorde soos kleurvol, keelvol en swart vang my oog. Illustrasies van organe sonder vel en dan die baie beskrywende titel; One-notomy. "Aan die binnekant, onder die vel, is ons almal dieselfde" antwoord Hendrik toe ek vra oor die plakkaat.

Dit kom meer en meer in ons gesprek na vore; die man is passievol oor mense. Lief vir mense sou seker n beter beskrywing wees. En dis hoekom hy vandag in Porterville n praktyk het en ons algemene praktisyn is. Hendrik se hy verkies die platteland want hy wil sy pasiente leer ken en verhoudings met hulle bou. Hy geniet die verskeidenheid gevalle waarmee hy te doen kry en verkies daarom om nie in n spesifieke rigting te spesialiseer nie.

Ek vra bietjie uit oor sy persoonlike lewe en wat hy doen as hy nie n wit jassie aanhet nie.

Langafstand Roei, antwoord hy baie beslis. Hendrik is meeste oggende reeds 5 uur wakker en sorg dat hy dan teen 5h20 met sy kanoe op die Bergrivier is. So roei hy dan vir 90min terwyl hy dink, ontspan en sy liggaam fris en gesond hou. Hy het n hele paar roei marathonne agter die blad. "Dis gelykstaande aan fietsry" bevestig hy. Jou hele liggaam kry oefening.

Baie entoesiasties kyk ons skielik saam na n youtube uittreksel oor K1 Kaya Roei, en ons gesprek lei na die online wereld. Die dokter het geen erg in social media nie, hy verorber wel alle nuus en gebeure van ons tyd. "Ek hou die water levels van ons damme dop, lees nuus en bly op hoogte van aktuele gebeure." 'Soos dit 'n slim man betaam' dink ek by myself.

Hendrik Daniel Botha is die jongste van 3 kinders. Hy het 2 ouer susters. Hy is in PE gebore maar voor sy skoolloopbaan het hulle Kaap toe verhuis. Sy pa 'n skoolhoof en sy ma 'n onderwyseres.

Hy matrikuleer by Hoerskool Stellenberg waarna hy medies gaan studeer op die Tygerberg Kampus.

Na 2 jaar se prakties in George het hy sy derde zuma jaar by Piketberghospitaal voltooi en op 4 Januarie 2017 begin hy in Porterville praktiseer.

PP; Musiekkeuse

HB; langarm musiek en KFM

PP; Wit- of rooiwyn

HB; rooiwyn

PP; Winter of Somer

HB; Somer, want dis net soveel makliker om 5h20 op die water te wees.

PP; Seekos of Steak

HB; Seekos uit bg, maar eks baie lief vir hoender en ribbetjies is by ver my gunsteling.

PP; Reis deur Suid Afrika of die Wereld.

HB; Suid Afrika, baie beslis. My gunsteling plek op aarde is Natures Valley. Ons vat gereeld die pad vanuit die Kaap, Route 62 langs, deur George en Plet en dan pak ons af by Nature's Valley.

Porterville, dis dan jul dokter! Breed geskouerde-vroeg-uit-die-vere-lief-vir-mense-man.

En het ek genoem; Hy is 'n slimkop daarby.


Comments


  • Black Facebook Icon
  • Black YouTube Icon
  • Black Pinterest Icon
  • Black Instagram Icon

PLATTELAND

Portrait

bottom of page